Tuesday 22 February 2011

Diela


Yolandi en Odélia het gister die drs. in Auckland gesien. Die dokter is heeltemal tevrede met haar. Die snymerk is nie meer toegeplak nie. Wanneer ek haar weer sien, sal ek dit afneem sodat ek dit vir julle kan wys. Dokter het ook vir haar gesê dat sy baie versigtig moet wees met die arm. Seermaak en stampe op haar arm kan alles weer van vooraf laat begin. Dit is en bly maar moeilik om so 'n lewendige ou mensie stil te hou. Baie dankie dat julle nogsteeds vir haar bid. Hou asseblief aan.

No comments: