Saturday 11 September 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag vandag, Cecile. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.


George Verster verjaar ook vandag. Baie geluk, George. Vir jou is ons wense ook vir 'n baie gelukkige en vreugdevolle nuwe lewensjaar. Geniet die dag.


10 September 2010
Chané Mulder het gister verjaar. Jammer ek is 'n dag laat, Ounooi. Maar met jou partytjie wat vandag is, het Oumakie heeltemal vergeet om gister op te sit of te bel. Hoop jy gaan 'n wonderlike nuwe lewensjaar hê. Geniet die Kindy en vandag se partytjie. Sien julle later.
9 September 2010
Chris du Toit en klein Isak van der Merwe het vandag verjaar. Baie geluk julle. Hoop julle het die dag geniet.
Annemarie Agenbacht het ook verjaar. Baie geluk, Ounooi. Hoop dat ook jy 'n baie lekker dag gehad het en baie bederf is.
8 September 2010
Jan en Elize Agenbacht se huweliksherdenking. Baie geluk. Hoop die jaar wat voorlê hou alles wat mooi is in.
6 September 2010
Simoné Nel het verjaar. Baie geluk, Ounooi. 'n Wonderlike nuwe jaar word jou toegewens. Mag al jou kinder drome waar word. Hoop jy het die dag en die bederf geniet.

No comments: