Sunday 12 September 2010

Ouma Issie en Isabel verjaar

Ouma Issie is vandag 86 jaar jonk. Ai, Ouma, dit is dae soos hierdie dat ons wens ons was daar om dit met Ouma te kon deel. Baie geluk met Ouma se verjaarsdag. Mag die Here Ouma nog baie lank spaar vir ons almal wat vir Ouma baie lief is. Beter gesondheid, geluk, vreugde en liefde word Ouma toegebid vir die nuwe lewensjaar. Geniet 'n baie spesiale dag saam met al die kinders, kleinkinders en agter-kleinkinders. Ons is baie lief vir Ouma.




Isabel Hurn verjaar vandag saam met Ouma. Baie geluk, Isabel. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou ook toegewens, gevul met al die mooi in die lewe. Geniet 'n baie spesiale dag. Liefde van ons almal.




No comments: