Tuesday 21 July 2009

Laat gelukwense

Greg het verlede week verjaar en ek het nie by die blog uitgekom om geluk te wens nie, darem op facebook met hom gesels en so geluk gesê. Baie geluk, Greg. Klink my jy is baie bederf. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed, geluk en liefde wees. Ek glo jy het die dag geniet. Liefde hier van ons almal.




Koos en Marinda Strydom het hul huweliksherdenking op 16 Julie gevier. Baie geluk, Julle. Mag dit 'n wonderlike nuwe huweliksjaar vir julle wees. Hoop julle het die dag baie geniet en mekaar bederf.
Anneke Human het op 17 Julie verjaar. Baie geluk, Anneke. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk word jou toegewens.
Japie en Hannah Labuschagne het hulle huweliksherdenking op 19 Julie gevier. Ook vir julle wens ons 'n baie gelukkige en voorspoedige nuwe huweliksjaar toe. Glo dat julle die dag baie geniet het.

No comments: