Thursday 9 July 2009

Japie, Yolandi, Odèlia, Annika en Joannè


Japie, Yolandi, Odèlia, Annika en Joannè het van Sondag tot Woensdag hier by ons gekuier. Ons het die kuier baie geniet. Die huis was vol lewe en Woensdagmiddag was daar doodse stilte. Ek dink ek het reg as ek sê dat hulle die kuier ook baie geniet het. Hier is 'n paar foto's.


Hier is Joannè by haar baby, Tickle me.







Op hierdie foto is Annika by haar baba, Kiekie.





Odèlia waar jy haar omtrent altyd kry. Vandat sy begin skoolgaan het, skryf sy en lees en hou haar so besig met alles wat sy al geleer het. Ek kan nie glo wat sy as 5 jarige kind al alles kan doen nie. Sinne soos : I am digging in the garden en I like this video Cat and the hat, maak hul verskyning en daar word nie veel met spelling gehelp nie. Sy het gevra hoe spel mens dig en ek het begin met d toe sê sy al ek weet agter kom ing, Ouma.




Later het hulle met die speelklein/deeg gespeel. Kyk net die konsentrasie.





Yolandi het vir Joannè gehelp om 'n gesiggie te maak.




Odélia se twee gesiggies. Sy het alles self gemaak. Die geel gesiggie het tot 'n hoed op die hare.






No comments: