Friday 10 July 2009

5de Huweliksherdenking

Dit is vandag Johan en Sebil se 5de huweliksherdenking. Baie geluk, julle twee. Gods rykste seën word julle toegewens op jul lewenspad vorentoe. Mag die pad met baie geluk, liefde, vreugde en voorspoed besaai wees. Geniet die dag en bederf mekaar. Ons is baie lief vir julle.



Sebil was ook die afgelope week en die vorige week vir opvolg ondersoeke by haar dokters gewees. Alles gaan baie goed met haar. Daar was geen episodes wat geregistreer het op die defibrilator nie. Daarvoor sê ons groot dank aan ons Hemelse Vader.

No comments: