Monday 7 April 2008

Sterkte aan die Nelle

Corné en Marietjie Nel en hulle pragtige twee kinders het verlede maand ook die groot tree na die onbekende gevat. Hulle het besluit Australie sal nou hulle nuwe huis wees. Ons wil vir hulle baie sterkte toewens. Ons weet dit is nie altyd maklik so ver van jou mense nie, maar byt vas. Hou mekaar sterk en bly op julle knieë. Mag God julle krag wees elke dag. En ons Nortjé-familie is net hier om die draai! Julle is enige tyd welkom. 'n Spesiale drukkie ook vir Marietjie, wat hier in die vreemde swanger is met hulle 2de seun! Stuur asseblief vir fotos sodra baba kom! Ons wil hom ook vir die wêreld wys. Groete van almal hier!

No comments: