Saturday 26 April 2008

Ons nuwe huis op die plaas

Ek weet nie wie almal al weet nie, maar Pieter en ek trek begin Junie, of wanneer die huis klaar is, plaas toe. Pieter het 'n 2IC (Tweede in bevel) pos aanvaar op die plaas waar Japie bestuurder is. So, Pa gaan saam met Seun werk. Hekkie het op die ander plaas wat Japie bestuur die 2IC pos aanvaar. Dit gaan dus 'n saamboerdery wees. Japie, met sy pa en swaer op die twee plase. Wel, ek het 'n paar fotos van ons huis op die plaas wat ek vir julle wil wys. Die 3 huise, die stal, calfrearingshed, workshop en al die ander geboue word nuut op die plaas (Wairarapa Moana plaas nr. 14) gebou.
Die huis van buite af. Dit is 'n 3 slaapkamer huis, maar ons gaan die een kamer in 'n kantoor omskep, want ons het nie weer 'n kas wat ons ons kantoor kan maak nie. Verder is daar ook twee garages.




Die kamer wat ons in 'n kantoor gaan omskep. Die groot venster kyk op die stal en die "calfrearingshed". So ons kan in die huis sit en alles dophou wat gebeur.


Die calfrearingshed en die workshop van die huis afgeneem.


Die sitkamer. Dit is 'n oopplan. Sit-en-eetkamer en kombuis alles aanmekaar. 'n Lekker kombinasie. Dit is redelik groot, so ek dink ons sal alles kan inpas. By die skuifdeure, links op die foto, kom 'n deck waar al die vleisbraaiery sal plaasvind.




Dit is so lekker as daar nie meubels in 'n vertrek is nie. Kyk net hoe geniet die drie meisiekinders dit. Nané, al kan sy nog nie regtig hardloop nie, het ook deelgeneem aan die pret. Sy het saam met Odélia en Annika rond gehardloop. Dit was nogal 'n gesukkel om hulle daar weg te kry.


Die kombuis. Die Sitkamer, Eetkamer, Ingangsportaal, Kombuis en Gang se mure is alles met New Zealand Pine gedoen. Alles moet nog geverf word en die hout sal seker gestain word.


Die hoofslaapkamer. Ek het nou wel nie 'n en suite badkamer en 'n inloop hangkas nie, maar dit sal doen. Dit is mos maar net ek en Pieter in die huis en ons het die hele huis vir onsself.


Die tweede garage. Ons beplan om dit in 'n scrapbookkamer en 'n ekstra slaapkamer te omskep. Ons sal die sleepercoach teen die deur sit en die tafels in die middel van die vertrek. Miskien sal ek dan begin met my klasse vir kaartjies maak en scrapbooking. As ek natuurlik tyd kry, want ek hoor dat ek baie besig gaan wees op die plaas.



Annika, hieronder by die bad afgeneem. Sy is baie bekommerd, want Ouma se badkamer en bad is baie vuil. Waar sal hulle dan nou kan bad as ek dit nie skoonmaak nie.



Wel, ons hoop dat die huis soos hulle belowe het, teen die einde van April klaar sal wees. Dan kan ons intrek en klaar getrek wees teen die tyd dat Johan en Sebil en Hekkie en Daleen moet trek.

Hier in New Zealand is 1 Junie die groot uittog dag. Dan trek al wat leef en beef, wat 'n ander pos op 'n ander plaas aanvaar het.


No comments: