Wednesday 9 April 2014

Gooi kunsmis met vliegtuig

Hier moet jy maar die werk doen of laat doen wanneer die tyd dit toelaat. 
Die vliegtuig kon net Sondag die kunsmis kom gooi.  Ek en Joanné het gaan kyk hoe dit gedoen word.  Joanné het vir ons 'n paar foto's geneem.
 
 
Die vliegtuig en in die linkerkantste hoek is die windkous.
 
 
 
Die houer waarin die kunsmis is wat in die vliegtuig gegooi word.
 


 
Besig om die kunsmis in die vliegtuig te gooi. Dit neem letterlik 'n minuut of twee en dan is hy reg om weer te vlieg.




Hier het sy vir Oupa Pieter en die vlieënier afgeneem.  Hulle het gewag dat die vliegtuig vol kunsmis en brandstof gemaak word.
 
 


 
Dankie vir die foto's, Joanné.  Jy het jou goed van jou taak gekwyt.
 
 

No comments: