Saturday 26 April 2014

Die sleepout - Diela se kamer

 
Deel van die conversion was nog om die sleepout te skuif, sodat hy gelink kan word met die huis vir 'n slaapkamer vir Odélia.
Hier het die groot dag aangebreek.
Die sleepout is aan die regterkant en die huis aan die linkerkant.
 
 


Die kruin waarmee die sleepout geskuif is.
 



 
 
Hulle het kabels om die vloer gesit en met die kruin opgelig.  Die sleepout negentig grade gedraai om die deure oor mekaar te hê.
 





Klaar gedraai en nou moet die geboue net opgeline word.
 
 
 

 
 
'n Foto uit die huis in die sleepout in.
 



 
Pieter het die gedeelte tussen die huis en die sleepout baie mooi met hout toegemaak en geseël.  Diela het nou 'n pragtige kamer.
 
 
Een van die dae word daar met die vergroting van die huis begin.  Drie garages, twee slaapkamers en 'n badkamer en laundry word aangebou.
 
Sal julle op hoogte hou van hoe hierdie aanbouings vorder.  Ons wag net vir toestemming van die Taupo Stadsraad voordat ons daarmee kan begin.
 


No comments: