Thursday 24 April 2014

Chanel ballet

 
Chanel het so ongeveer twee maande terug begin ballet. Ek het haar vir drie weke nie sien ballet nie, want ons was in Suid-Afrika.  Groot was my verbasing om te sien hoe sy gevorder het in die drie weke.
 
Aan die begin was sy baie skaam.  Een keer moes Sebil saam dans.
 
 
 
En een keer moes Daleen saam dans.
 
 
 
 
En nou doen ek dit alleen.  As daar vreemde mense is, is sy nog skaam, maar soveel selfvertroue en gaan so goed aan.
 
 
 
 
Saam met 'n paar maatjies in die klas.
 
 

 
 
Nog 'n paar moves.







 
Twee weke terug, was Pieter ook in Tokoroa en het hy kom kyk hoe dans sy.
Ek het na die tyd in die kar vir haar gesê : Sjoe maar jy dans mooi.  Ouma is so trots op jou.
Toe antwoord sy: En Oupa ook.

No comments: