Sunday 9 May 2010

'n Baie besige 9 Mei





Dit is vandag Magda se verjaarsdag. Baie geluk, Magda. 'n Baie mooi en besondere nuwe lewensjaar word jou toegebid. Mag hy gevul wees met alles wat mooi en goed is; geluk, vreugde, vrede, liefde en voorspoed. Geniet die dag.

Dit is ook vandag Naas en Lizelle se huweliksherdenking. Vir julle wens ons ook 'n baie mooi en vreugde volle nuwe huweliksjaar toe. Mag die jaar vir julle alles wat mooi is inhou. Geniet die dag.









Vandag vier Bertie ook sy verjaarsdag. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe. Geniet 'n baie spesiale dag.


Luané Human is vandag 3 jaar oud. Baie geluk, Ounooi. Mag al jou kinderdrome waar word. Geniet die dag en ons hoop dat Pappa en Mamma jou sommer baie bederf.
















Mckayla Olivier vier ook haar verjaarsdag vandag. Baie geluk, Meisiekind. Jy word nou sommer 'n baie groot dogtertjie. Geniet elke oomblik van die dag. Ek is seker jy word sommer baie bederf.
Charlene Erasmus en Riehette Stenekamp verjaar ook vandag. Baie geluk met jul verjaarsdae. Mag die nuwe lewensjaar vir julle alles wat mooi is inhou. Vir jou is dit sweet sixteen vandag, Riehette. Geniet elke oomblik van die dag.

No comments: