Tuesday 11 May 2010

Die ongeluksvoël!

Annika het Sondagmiddag uit die boom gespring en op die hark te lande gekom. Daar was 'n groot tranedal, maar pappa het die wond skoongemaak en mamma het pienk medisyne gegee en so het ons toe eers Maandag oggend die dokter kom sien. Die voet was effens geswel en rooierig, so die dokter was skrikkerig vir bloedvergiftiging. Daarom het sy toe nou antibiotika gekry en is die wond se los velletie afgesny en goed skoon gemaak. Sy het nogal haar pose gehou en nie eers een traan gestort nie.
Die besmette voet.


Pappa was ook daar vir ondersteuning.


Die voet met die opvolg ondersoek vandag. Lyk sommer al baie beter.



No comments: