Friday 7 May 2010

Joanné

Ons Ninniekind is beter. Ek het vanoggend met Japie gepraat. Hulle het haar gister by die dokter gehad. Hy is baie verbaas oor haar vordering en is baie tevrede. Hy sê ons sal dalk nog dingetjies sien wat nie heeltemal reg is nie. Die gevalle studies wat hy gaan oplees het, (baie min gevalle) dui daarop dat dit baie lank vat om heeltemal op te klaar. Ons het haar ook Sondag gesien en sy lyk regtig goed. Sy is ook weer terug by die Kindie. Hulle gee daar 'n bietjie spesiale aandag net om haar vir ons dop te hou. Dit gaan daar ook met haar baie goed. Sy geniet dit om weer by die skool te wees. Baie dankie vir almal se gebede. Ons moet nie van mekaar vergeet nie. Gebede het krag en verrig wonderwerke. Baie dankie aan ons Hemelse Vader vir die beterskap in Ninnie en ons glo en vertrou dat sy heeltemal gaan herstel.

No comments: