Wednesday 25 November 2009

Verjaarsdae

Baie geluk aan tannie Hessie Hayward wat vandag verjaar. Gods rykste seën word Tannie toegebid. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou; goeie gesondheid, geluk, voorspoed en liefde. Geniet 'n baie spesiale dag.
Rochelle Nel verjaar vandag. Baie geluk. Mag die toekoms alles wat mooi is inhou. Hoop jy geniet die dag.



Klein Karla Strydom verjaar ook vandag. Baie geluk Ounooi. Hoop jy word lekker bederf en dat al jou kinderdrome sal waar word. Geniet die dag.



Joyce Olivier het gister verjaar. Jammer ons is 'n dag te laat. Baie geluk, Joyce. 'n Nuwe lewensjaar vol van alles wat mooi is word jou toegewens. Hoop jy het die dag geniet.





No comments: