Saturday 14 November 2009

Clara, Amanda en Arno verjaar

My sus, Clara Harmse verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jare wat voorlê gevul wees met alles wat mooi is. Liefde, geluk, voorspoed en vreugde word jou toegewens. Ek hoop jou familie bederf jou vandag sommer baie. Jy verdien dit. Geniet 'n baie besondere dag. Wens ons was daar om dit saam met jou te vier. Lief vir jou.



My vriendin, Amanda Bredenhann, verjaar ook vandag. Baie geluk, Manda. Ons wense vir jou is ook alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar. Gods rykste seën word ook vir jou toegebid. Hoop Jan bederf jou vandag. Liefde.


Dan verjaar neef Arno Strydom ook vandag. Baie geluk, Arno. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegebid. Geniet die dag.

No comments: