Sunday 22 November 2009

Ons nuwe niggie!

Ons het gister vir Daleen en baba Chanel in die Hospitaal gaan kuier. Die meisiekinders is baie opgewonde oor hulle nuwe niggie! Wil haar net heeltyd vashou. Ouboet Ruben gaan haar moet oppas, want hierdie klompie wil haar sommer huistoe vat! Hulle het hulle kansie saam met haar goed benut terwyl Hekkie en Ruben gou huistoe is vir 'n ruskansie.



Baie baie geluk Hekkie, Daleen en Ruben. Mag Chanel vir julle 'n groot vreugde wees. Sy is pragtig! Baie geluk ook Oupa Danie, Ouma Miemie, Oupa Pieter en Ouma Annatjie. Julle word darem nou skatryk met al dié kleinkinders! Lekker bederf, hoor.

No comments: