Thursday 28 June 2007

Ons berg

Hierdie foto's van ons berg (soos ek van hom praat), Mount Ruapehu, wat vol sneeu is. Die vulkaniese berg is aan die oorkant van die meer. As julle op die kaart kyk (wat elders op die blog is), sal julle sien waar Taupo bo is, Mount Ruapehu onder aan die punt van die Taupo Lake is. Op die foto kan julle 'n gedeelte van die dorp sien. Die geel dak wat uitsteek is Pak n Save, waar ons kruideniersware koop. Dan sien julle 'n gedeelte van die Taupo Lake, met die berge verder aan. As die wind uit die rigting van die berg en meer waai, bibber ons lekker van die koue.





Verlede jaar 23 Desember, het ek, Pieter, Johan, Sebil en Johan se ouers, Burt en Carlien van der Merwe berg toe gegaan. Vol verwagting dat ons tot op die hoogste punt sal kan gaan. Wat 'n verrassing wag toe nie op ons nie. Halfpad teen die berg op, by die restaurant en aandenkingswinkel gekom, kan ons nie verder gaan nie. Die kabelkarretjies mag nie gebruik word nie, want dit het vroeër die oggend gesneeu en dit is te gevaarlik op om te gaan. Nadat ons geëet het en aandenkings gekoop het is ons maar weer oppad huistoe. Buite gekom, kry ons 'n lekker verrassing : SNEEU.





Johan en Sebil buite die winkel afgeneem. Kan sien hulle kry in die hartjie van die somer lekker koud op die berg. Die weer bly onvoorspelbaar tot einde Desember en verbeter dan meer na somer weer. Gelukkig was ons voorbereid op koue en was lekker warm aangetrek.



Ons het hierdie foto geneem oppad terug na Taupo. Julle kan sien hoeveel sneeu daar daardie tyd van die jaar nog op die berg was.

No comments: