Tuesday 11 October 2011

Ruben is skooltoe.

Ruben het Donderdag verjaar en was 5 jaar oud. Hier gaan die kinders mos skool toe wanneer hulle 5 jaar oud word. Dit wil sê hulle verjaar op hul eerste skooldag. Hekkie en Daleen het Ruben in Whakamaru Skool gesit. (Die Wh word as 'n f uitgespreek)


Daleen het Ruben vir 2 skoolbesoeke gevat verlede Maandag en Dinsdag. Sy het toe vir ons hierdie foto's geneem.



Die skool ingang.






Hier speel Ruben buite op die speelgrond.






'n Ander gedeelte van die speelgrond.





Die buitekant van sy klaskamer.





Die binnekant van die klaskamer.




No comments: