Monday 10 October 2011

AG Day

Vrydag, 7 Oktober, het die skool gesluit en het die meisiekinders AG Day gehad. Dan loop hulle elkeen met 'n kalfie wat sig-sag deur standards (paaltjies) moet loop, oor 'n bruggie moet loop en dan nog verder moet luister om te stop en dan loop tot die einde.

Hulle neem ook in verskillende ouderdomsgroepe deel.

Annika was eerste. Haar kalf was die eerste bul kalf wat aangekom het, baie groot en het die naam Goliath gekry.




Hier word een van haar ribbons vasgeknoop.





Angstig staan hulle en wag dat die pryse uitgedeel word.





Hier is Annika met haar toekennings. 'n Derde en 'n vierde plek.



Odélia se beurt. Sy staan haar beurt en afwag. Haar kalf se naam is Freckles.


Haar kalfie was baie "stubben". Sy is hier besig om die reguit paadjie te loop, maar die kalf wil net die heeltyd teen haar leun. Lyk my die kalf is baie lief vir haar. In die agtergrond is Oupa Bes, wat hier kuier tot einde Oktober, en Japie wat staan en lag.





Op hierdie foto is sy by die tannie wat haar uitgevra het oor haar kalfie.

Onder andere wat die kalfie eet, wanneer hy eet en hoeveel hy eet.




Dit is ons Diela, altyd tyd vir 'n grappie. Hier staan sy en "pose" vir die foto, terwyl hulle wat dat die pryse uitgedeel word. Diela het nie hier 'n prys gekry nie, maar kyk ondertoe - KUNS is my ding.




Ook was dit 'n rukkie terug hulle "wearable art" modeparade. Hulle moes, as hulle op die plaas bly, alles wat daar gebruik word en weer gebruik kan word, bring. Daarvan is dan iets gemaak wat hulle kan dra.


Annika se hoed en klere was gemaak uit sprayblikkies se deksels en plastiese houers waarin ons "tags" (kalfies se nommers) kom.


Kyk net hoe oulik.


Annika het hierdie aand nie 'n toekenning gekry nie. Dit was die aand met haar verjaarsdag en gelukkig het sy geskenke gehad wat sy kon oopmaak.







Odélia was op hierdie aand weer een van die gelukkiges. Sy het tweede plek losgeslaan met haar "wearable art". Sy het self die rok ontwerp en gesê presies wat sy wil hê.
Haar rok is gemaak van "silage wrap" wat omgekeer is sodat die witkant bo is en dan is die plastiese houertjies van die kalfies se nommers losgesny en gespray volgens die kleure wat sy wou hê. Sy het ook 'n onderrok gedra wat van ogiesdraad gemaak was.



Pragtig, né??????






Vrydag toe die skool gesluit het, was daar ook ander kunswerke waarna ons kon kyk in hulle klaskamers. Eerste is Annika aan die beurt.



Vir hierdie prentjie het sy 'n tweede plek gekry.






Die versiering van 'n cup cake het haar 'n derde plek in die sak gebring.







Annika moes ook 'n Sandsaucer maak.






Hulle moes ook blommetjies maak en 'n bottelversier. Dan is die blommetjies in die bottel gerangskik.







Odélia moes ook 'n cupcake versier het. Sy het dit versier as blommetjies en nog die stele daarby gemaak. Baie kunstig, en sy stap weg met 'n eerste plek.






Vir hierdie tekening het Diela ook 'n eerste plek gekry.





Nog 'n eerste plek vir Diela, met haar blommerangskikking.





Met haar "frog" het sy 'n derde plek verdien.







Pragtig, Meisiekinders. Ons is trots op julle.

No comments: