Thursday 21 October 2010

Jackson en Petunia

Vrydag is dit AgDay by Marotiri skool. Elke leerling moet 'n troeteldier hê. Daar is afdelings vir lammetjies en kalfies, honde en katte, en allerhande ander troeteldiere. Selfs visse en voëls.
Die kinders moet die diere self versorg. Hulle moet self vir die beoordelaars kan sê hoeveel en wat die diere gevoer word, hoe om hulle te kam en mak te maak en hoeveel tyd hulle saam met die diere spandeer. Dan moet die diere ook op die dag 'n hindernisbaan voltooi. Zig zag loop, oor 'n bruggie, stop en gaan en al sulke dinge. Daar word ook punte gegee vir die kondisie van die diere en die liefde en sorg wat hulle kry. Die kinders moet langs die diere looop, nie voor of agter hulle of aan die leiband trek nie.
Odélia en Annika oefen baie hard. Hulle is vol selfvertroue en is baie trots op hulle kalfies.
Annika en Petunia.

Odélia en Jackson.

Oefen om oor die bruggie te stap.

Weer en weer. Oor en oor. Dit moet perfek wees.

Oupa en Ouma en die ooms en tannies en Ruben en Chanel is genooi om die "skou" van die kalfies by te woon. Groot opgewondenheid en 'n klein bietjie op die senuwees. Sterkte meisiekinders. Ons sal laat weet hoe die dag verloop het. Joanné het 'n lammetjie wat in die voorskoolse parade met dress-up en al sal paradeer. Sy is bietjie lui met die oefen, so ons hou maar duime vas.

No comments: