Friday 29 October 2010

Gelukwensings Oktober 2010

My rekenaar was baie siek gedurende Oktober. Ek vra groot om verskoning vir almal vir wie ek nou eers geluk sé. Sebil het die blog gedoen en sy het nie al die verjaarsdae en herdenkings wat ek op my almanak het nie. Daarmee saam was ons nog besig met kalftyd (wat toe 3 maande lank was en nie net twee nie) en het nog herdtest gedoen en was nog lekker siek met griep ook. Nogmaals baie jammer. Geluk aan almal en mag die toekoms net vreugde inhou. Baie liefde.
29 Oktober 2010
Wilna Snyman (Jnr.) verjaar vandag. Baie geluk, Wilna. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met alles wat goed is. Geniet die dag.




28 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Lehandri. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy het die dag geniet.




26 Oktober 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Petro (Van Nieuwenhuizen) 'n Baie mooi en vreugdevolle nuwe lewensjaar word jou toegewens.


25 Oktober 2010

Baie geluk met julle huweliksherdenking, Pieker en Leoni. Mag julle nuwe huweliksjaar gevul wees met alles wat mooi is. Hoop julle het mekaar baie bederf.




Baie geluk ook aan Japie Labuschagne wat vandag verjaar het. Mag jy net die mooi dinge in die lewe ervaar. Hoop jy is lekker bederf.


24 Oktober 2010
Baie geluk aan Marya Meyer wat vandag verjaar. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Hoop jy het die dag geniet.


23 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Andries. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word jou toegebid, gevul met vreugde en liefde. Hoop jy het die dag geniet. Liefde.


Baie geluk ook met jou en Maureen se troudag in Oktober. Alles wat mooi is vir die toekoms word julle toegewens.

Baie geluk, Conrad (Jordaan) wat ook vandag verjaar. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.

21 Oktober 2010


Baie geluk met jou verjaarsdag, Marinda. Vir jou is ons bede alles wat mooi is vir die nuwejaar en mag hy gevul wees met liefde, vreugde en vrede. Liefde.


20 Oktober 2010

Baie geluk Nicolette Coetzee en Leen van der Merwe met jul verjaarsdae. Ons bede vir julle is dat die nuwe lewensjaar alles wat mooi is sal inhou.

18 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Suané. Jy word nou 'n pragtige klein mensie. 'n Mooi jaar word jou toegewens gevul met liefde en vreugde. Ek glo jy is lekker bederf. Liefde.


MJ (Olivier) verjaar ook vandag. Baie geluk, MJ met jou verjaarsdag. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens.

17 Oktober 2010

Geluk aan die volgende persone wat verjaar het :
Christo Geldenhuys
Stolla Snyman
Yvette du Toit
Hoop julle het die dag baie geniet en is baie bederf.

16 Oktober 2010

Nico Zach van der Merwe het verjaar. Baie geluk, jong. Ek glo dat Oupa, Ouma, Pappa en Mamma jou sommer baie bederf het.

Josua en Charlene en Pierre en Nicolene het hul huweliksherdenkings gevier. Baie geluk ook aan julle. Mag die jaar wat voorlê vir julle alles wat mooi is inhou.

11 Oktober 2010

Dit is die verjaarsdag van Eathan Jordaan. Baie geluk, jong. Ek is seker daarvan dat jy die dag baie geniet het.

10 Oktober 2010

Verjaarsdagwense ook vir Aneske Olivier wat vandag verjaar het. Hoop dit was 'n baie lekker dag.

9 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Erika (Bester). 'n Nuwe lewensjaar gevul met alles wat mooi is word jou toegewens. Glo jy het die dag baie geniet.


8 Oktober 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag, Erika (Wentzel/Laubscher). Mag jy 'n baie mooi nuwe lewensjaar beleef.

3 Oktober 2010

Dit is Simoné van Wyk se verjaarsdag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Simoné. Ons glo dat Pappa en Mamma jou sommer baie bederf het.

1 Oktober 2010


Baie geluk met jul huweliksherdenking, Riaan en Sue. Hoop dat julle die dag geniet het. Mag die nuwe huweliksjaar vir julle alles wat mooi is inhou. Liefde.

No comments: