Monday 2 June 2014

Japie, Yolandi en die meisies kuier in SA

 
Woensdag, 28 Mei, het Pieter en ek Japie, Yolandi en die girls op Auckland Lughawe opgelaai. 
 'n Foto van hulle voordag hulle deur die departure hek gaan.
Hulle gaan 7 weke weg wees.
 
 
 

 
Gerda en Marijon het hulle op die lughawe ontmoet.
Groot opgewondeheid.
Dit is Jacoli se eerste besoek aan Suid Afrika.  Sy ontmoet nou eers al die familie, behalwe Ouma Gerda wat met haar geboorte in New Zealand was.





Vrydag, 30 Mei, het hulle 'n bonus kuier by Ouma Hettie, Magda en George en Clara gehad.
 
Op die foto is Yolandi met Jacoli, agter is Joanné en Aidon/
Voor op Magda se skoot is Annika, langs Magda Ouma Hettie en Clara met Hanu op haar skoot.
Japie met Dian voor hom en Odélia agter.




 
Saterdag, 31 Mei, almal oppad Rugby toe op Ellispark.
 
Agter:  Yolandi, Dylan en sy vrou.
 
Middel: Roland, Japie, Gerda en Deon.
 

Voor: Annika, Marijon, Dylan se dogtertjie, Odélia en Joanné.
 
Julle wonder seker waar Jacoli is.  Sy het by haar nuwe ouma en oupa en ouma Hettie gekuier.  Magda sê sy was so soet gewees, gladnie gehuil nie.  En om my jaloers te maak, het Magda vir my 'n video gestuur.  Toe verlang ek darem lekker.


 
 
Sal ook maar foto's van hierdie kuier op sit, want vandag facebook to light gekom het, sit hulle nie meer foto's op die blog nie.
 

No comments: