Tuesday 25 September 2012

Ons meisiekinders se konsert : Tattybogle



Ons, Pieter en ek, het 'n uitnodiging gekry van Odelia af.  Dit was om hulle musiekopvoering te gaan kyk.  Die uitnodiging het so gelees:
 


 
Dear Oupa and Ouma,
 
You are invited to Marotiri School's Year 0 - 4 Musical production called TATTYBOGLE.
It is about a scarecrow who looks after a crop of wheat.
But one day there is a strong wind and disaster strikes.
 
Die venue, date en time is ook genoem.
 
Hope you can come.
Odélia.


 
Dit is waaroor alles gegaan het.  Die scarecrow :  TATTYBOGLE.
 
Ek het nie geweet dat sy eintlik die hoofrol vertolk nie.  Die basiese klere was gemaak ek moes dit net aanpas vir 'n voëlverskrikker.  Darem nie te bad uitgekom nie.
 
 
 
 

Ek was baie gelukkig om 'n program in die hande te kry wat Joanné gemaak het.
 
 







Odélia het die eerste gedeelte van die storie voorgelees. 
 

Joanné was 'n ster en 'n dansertjie, Annika was 'n Crow en Odélia was die hoof rabbit.












Nog 'n foto van Joanné waar sy dans.
 




Hierdie plakkaat soos julle kan sien is deur Odélia Nortje gemaak.
 
Dit was 'n pragtige konstert.  Ons het dit so baie geniet.  Dankie dat julle ons genooi het.
 
Daleen, Ruben en Chanel was ook daar.  Die opvoering was so goed gedoen dat die amper driejarige Chanel die storie kon volg.  Sy het geweet van die muise, die crows, die hase en al die ander diere wat die graan vreet.  Ook van die wind wat die scarecrow stukkend gewaai het.  Na die tyd kon sy die storie vir jou oorvertel.
 
 
 

No comments: