Wednesday 14 July 2010

Ons Bulls vlag

Soos julle almal weet is die meeste van ons familie hier in New Zeland vurige Blou bul (Bulls - Super 14) ondersteuners. By Johan op Cheetah plaas het daar vandat ons hier aangekom het verlede jaar Junie, 'n Cheetah vlag gewapper. Dit natuurlik omdat die plaas se naam Cheetah is. Met die begin van die super 14, het die Cheetah vlag plek gemaak vir die Bulls vlag. Ons het opgehou om op Cheetah te melk en net op die ander plaas Mangahara gemelk. By die ingang na die melkstal op Mangahara, het die Bulls vlag toe weer sy plek gekry.
Met die super 14 klaar en die Bulls wat gewen het, was dit maar vir die klomp New Zealanders 'n bitter pil om te sluk - die Bulls vlag wat waai - en dit nogal teen die teerpad. Almal het begin vra wanneer gaan die vlag dan afgehaal word. Die antwoord, ons soek na 'n ander vlag om op te sit.
Ons het probeer om 'n All White vlag te kry, maar onsuksesvol. Met Ghana, al Arika span toe nog in die sokker, wou ons vreeslik graag hulle vlag laat waai het. Vlae hier, is maar net nie so vrylik bekombaar nie. Miskien sal dit volgende jaar met die Rugby Wêreldbeker meer beskikbaar wees.
Onnodig om te sê dat die Bulls vlag nog maar heeltyd gewaai het. (Het al begin uitrafel by die punte.) Johan en Sebil, met hul vakansie in Christchurch, het toe 'n groot All Blacks vlag gekoop. Hulle plan om verlede Saterdagoggend die Springbok en All Blacks vlae te laat waai en dan Sondagoggend die verloorspan se vlag af te haal en die wenner s'n te laat waai. (Ons kort eintlik nog 'n Wallabies vlag om die drie nasies voltallig te maak.) Maar o wee, hulle is voorgespring.
Saterdagoggend toe ek vir Japie die swartpotte gaan haal by Mangahara se stal, waai daar 'n All Blacks vlag. En ja, die Bulls vlag is weg. Nou begin almal wonder waar ons vlag is en wie die ander vlag opgesit het. Teruggekom van die dorp af, het Johan en Sebil hul vlae gaan opsit. Springbok en All Blacks en nogal ewe GROOT vlae. Wat 'n teleurstelling, dat die All Blacks toe wen!!!! Nou waai die All Blacks vlag al vir 'n paar dae by Mangahara. En ek dink die New Zealanders se tone krul om van lekkerte.
Ons was nog aan die wonder toe die volgende epos en foto's by Johan en Sebil uitkom. Ek skryf die epos soos ons dit ontvang het.
WE ARE
NIGHTHAWKE
Definition: An elite terrorist group, trained for night missions. NightHawke are a sub-terrorist group of L'black (the famous L'Black, from Christchurchistan.
Every South African who sees L'Black (or a member of the elite NightHawke Terrorist Group) holds their balls and runs in fear.
Do not approach this group, unless you are giving them beer. They ar extremely terrifying. They will do anything in support of their leader the great and mighty L'Black.
WE HAVE SOMETHING OF YOURS!!!!!!!!!!!!!!
Does the word "Bulls" sound familiar??



Do not attempt to do anything stupid.

OR




YOU WILL BE CONTACTED AGAIN WITH A LIST OF OUR DEMANDS.
WE TAKE OUR CAUSE SERIOUSLY.




WE WILL NOT BE STOPPED!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Die tweede foto het sy gesig weggegee. Ons weet wie dit gedoen het.
Toe Japie en Yolandi in New Zealand aangekom het, het hulle by Reg en Jacqui begin werk. Japie en Yolandi het geskuif na 'n ander plaas, maar die vriendskap met Reg en Jacqui het gebly en op hierdie stadium, boer Reg-hulle net 'n paar kilos van ons af. Hy het nie veel nodig om hom aan te spoor om so iets te doen nie.
Gelukkig is hulle bereid om ons vlag vir ons terug te gee. Dit sal natuurlik met onderhandelings moet gebeur. 'n Boks of twee bier sal seker die ding doen.
Lekker om so in New Zealand al deel te wees van alles.

No comments: