Thursday 18 February 2010

Chanel, haar boetie en haar pop



Ons het lanklaas 'n paar foto's van Chanel op die blog gesit.

Hier lê sy op die kombersie wat ouma Hettie vir haar gehekel het.

Ons kleingoed is baie bevoorreg om nog die kombersies te kry wat Ouma Hettie vir hulle hekel.

Baie dankie daarvoor, Ouma.

Hierdie kombersie gaan die winter goed gebruik word.






Voor ons uit Suid-Afrika weg is, met ons laaste Kersfees, wou ouma Hettie graag 'n pop gehad het wat geluide kon maak en wat sy op haar bed kon sit. Toe sy die pop oopmaak, het sy gesê as Daleen, wat haar naamgenoot is, eendag 'n dogtertjie het, sy die pop vir haar gaan gee. Johan en Sebil het in Suid-Afrika gekuier en toe hulle terugkom, het hulle die pop saamgebring. Ek weet nog nie of die pop al 'n naam het nie, maar kyk net hoe pragtig is sy nog. Sal nie sê dat sy al 4 jaar oud is nie. Baie dankie, Ouma, ek is seker sy sal lekker met die pop speel.







En moenie vir Ouboet Ruben weggooi nie, hy gaan netso lekker saam speel.













No comments: