Tussen niks en nêrens
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Wednesday, 27 September 2017
Wednesday, 11 June 2014
Hekkie verjaar
Baie geluk met jou verjaarsdag, Hekkie. Mag die jaar wat voorlê gevul wees met al die mooi van die lewe. Mag die milksolids ook by jou soos reën in die vat val. Geniet die dag. Ons is baie life vir jou.
Tuesday, 10 June 2014
So vorder die aanbouing
So gaan die dae verby, die fotos word geneem, maar ek kry nie kans om dit op te sit nie.
Hier maak hulle reg om vloer te gooi en links om die vloer planke op te sit.
Hier is die bouers druk besig met die plankvloer gedeelte. Die huis is daardie gedeelte omtrent 'n meter gelig om by die res van die huis se vloer in te pas. Die garage gedeelte is gelig en concrete gegooi.
Foto bietjie verder geneem.
Hier is die vloer halfpad klaar.
Die insulation onder die vloer.
Albei vloere klaar.
En ja, ons het al mure ook. Het vanoggend (10 Junie) dit gesien. Alles gister gedoen.
Maar nou het dit laas nag begin reën en dit lyk asof dit vir 'n paar dae so gaan reën tot die naweek toe.
As ek moet sé lyk dit baie goed. Hulle vorder vining.
Johan en Cindy verjaar
Johan verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Johan. Mag die jaar gevul wees met alles wat mooi en goed is. Mag die milksolids soos reën val in die vat. Geniet die dag. Ons is baie lief vir jou.
Baie geluk ook aan Cindy met haar verjaarsdag. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe. Geniet die dag.
Sunday, 8 June 2014
Van woolshed na calfshed
Met die conversion van Arataki plaas, het ons nie 'n nuwe calf shed gebou nie. Daar is twee woolsheds (waar hulle skape skeer) op die plaas. Die een het die manne gedurende die somer begin verander in 'n calfshed. Die hele geraamte binne in is uitgehaal, die vloer is uitgehaal en dan is daar stutpilare en planke binne in die dak ingesit om die gebou stewig te maak. Onder is die gebou in vier kampies verdeel.
Hier is Pieter besig om hekke voor die kampies te sit.
'n Foto van een van die kampies. Aan die agterkant is daar weer 'n hek gelos sodat die kalfies buitekant toe op die gras kan gaan.
Saturday, 7 June 2014
Vicky en Amanda verjaar
Baie geluk met jou verjaarsdag, Vicky. Mag dit 'n jaar vol vreugde, voorspoed en geluk wees.
Geniet julle kuier Julie in Suid-Afrika.
Hoop julle sien Japie hulle daar.
Amanda verjaar ook vandag. Baie geluk, Amanda. Ook vir jou wens ons alles wat mooi is toe vir die nuwe lewensjaar. Ook goeie gesondheid word jou toegebid. Geniet die dag.
Dit is ook Grand Wiid se verjaarsdag. Baie geluk en alles wat mooi is vir die nuwe lewensjaar.
Friday, 6 June 2014
Vier my verjaarsdag
Pieter, Daleen, Sebil, Johan en Chanel het my met my verjaarsdag na die Hui Hut geneem vir koffie.
Dankie julle, dit was 'n lekker kuier gewees.
Lief julle.
Subscribe to:
Posts (Atom)