Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Thursday, 15 May 2008
Tinky
Ek en Johan het vanmiddag met middagete afgeloop na die koeie toe, want ek het 'n paar foto's gaan neem vir my Fotografie kursus. Tinky het saam met ons geloop. Sy hardloop vooruit na die pype wat in die grond is en sy soek net hase.
No comments:
Post a Comment