Saturday, 3 May 2008

Iets van alles

DIE KLEINGOED
Hierdie foto is op my computer screne. Elke dag as ek die rekenaar aansit, wil ek die foto laai en vir julle sê wat hulle op die foto sê. (Hulle het natuurlik niks gesê nie, maar dit lyk vir my asof hulle iets wil sê.)
Annika lyk asof sy wil sê:
"Kry tog klaar, Ruben. Jy lê nou al heeldag op die foon."
Ruben is druk in gesprek met iemand, maar ons weet nie met wie nie.
Diela wil tog net hoor met watter een van die baie nooiens Ruben nou praat.
En natuurlik wil Joanné net hê haar sussies moet ophou om vir Ruben te pla en te wag dat hy klaar praat, sodat hulle almal lekker kan gaan speel.

Joanné wat nou by ons bly is te grys. Sy het nog 'n tand gesny en as jy vir haar vra wat sy gedoen het in haar doek trek sy haar neus op soos wat 'n hasie maak. Dit meen sy het 'n poef doek.
Diela het nou die dag toe ons groente gewerk het, so 'n oulike ding gesê ek moet dit met julle deel.
Sy het 'n hewige hoesbui gehad. Sy het slym los gehoes en is toilet toe om dit uit te spoeg. Sy kom toe so ewe om vir ons te vertel waar daardie gag vandaan gekom het :
"Dit is al die noenoes wat ek uit my neus haal en eet, wat maak dat ek so hoes en wil uitspoeg."
Ruben praat natuurlik nou alles agter jou aan. Jy kan niks verkeerds sê nie, want netnou sê hy daardie woord. Hy geniet die kuier van Annika baie. Hulle word nou sommer groot maats. (O wee, wat wag vir ons. Kattekwaad deur hierdie twee, ek dink so)
Annika kom ook met baie snaakse sêgoed vorendag. Sy noem vir Hekkie - Johekkie. Dit wil voorkom of sy die oom van oom Johan los en sommer Jo as oom gebruik. Dit is dan die Johekkie. Sy was vanmiddag heel opgewonde om saam met Daleen terug te gaan na Johekkie toe. 'n Ander naam wat sy gebruik is vir Sebil. Sy was altyd Zippies. Nou het die Tannie van tannie Leen weggeval en word Zippies sommer ZippiesSebil genoem. Weer verwar die tannie haar en maak sy haar eie naam.
Sulke goed is so kosbaar. 'n Mens wens jy kan dit vir altyd iewers bewaar.


NUUS OOR YOLANDI


Yolandi is by die huis en lyk heel goed. Sy het nog baie pyn, maar as jy in ag neem waardeur sy die afgelope 3 dae is, lyk sy baie goed. Ons gee haar nog 'n kans om regtig beter te word en hou die kleingoed by ons.

Die foto is Maandag deur Odélia met my telefoon geneem terwyl ons gery het. Sy is regtig baie oulik met die soort van ding.


Soos julle op die vorige post kan sien, Annika kuier nog by Ruben en is heel tevrede daarmee. Diela is by Ouma Joe en Joanné is by my en Pieter.

Kinders is darem so aanpasbaar. Baie gelukkig en tevrede om te sien Pappa en Mamma is nog daar en weet ook Mamma is siek en hulle moet 2de beste nou tevrede wees. Hulle was almal so bly om vir Mamma te sien. Annika, toe ek by hulle kom, wou niks anders doen as om vir my te wys dat Mamma gesny en gesny en gesny is nie. Ek kon ook nie gou genoeg in die kamer kom nie. Sy was eintlik gladnie beindruk met my toe ek nie dadelik aan Mamma aandag gegee het nie en eers die ander gegroet het nie.

Baie dankie vir al jul gebede.
VERJAARSDAG.
Andries Human verjaar vandag. Baie geluk, Andries. Mag jy 'n baie vreugdevolle dag beleef. 'n Jaar vol vreugde, vrede en voorspoed word jou toegewens.

No comments: