Friday, 2 May 2008

Terugvoering oor Yolandi

Yolandi is gister geopereer. Die operasie was 'n sukses. Sy is nie in haar nek gesny nie, maar onder om haar hals, 'n entjie laer as haar kuiltjie. Volgens Yolandi sê die verpleegpersoneel dat dit 'n baie mooi fyn sny is.
Sy het gisteraand naar geword en opgegooi. Dit het 'n drukking op die wond veroorsaak en wat dadelik reageer het.
'n Swelling het onmiddellik in haar nek verskyn en sy is vir 'n tweede keer operasiesaal toe.
Die probleem is opgelos en sy is die hele nag onder die wakende oog van die personeel gewees.
Pieter en ek het vanmiddag vir Yolandi gaan kuier. Sy lyk goed. Het gesê dit is nog taamlik seer.
Volgens Japie is die vooruitsig daar dat sy Sondag huistoe sal kan kom.
Dra haar nogsteeds in julle gebede op, asseblief.
Ons sal julle op hoogte hou.

No comments: