EMMERS VOL SEENINGE
KRUIWAENS VOL VOORSPOED
GIETERS VOL GELUK
BEDDINGS VOL RESPEK
DIT IS ONS BLOMMETUIN VIR JULLE IN 2008
MAG JULLE TOEKOMS VOL VREUGDE, VREDE EN GOD'S LIEFDE WEES
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.



Nou is ons op die berg, maar hoe nou weer af? Met die Luge karretjies natuurlik! Hierdie is GROOT pret. (Vir klein en groot!) Die luge is 'n tipe gokart, net sonder enjin. Dis maklik, as jy die handvadsels helltemal agtertoe trek, dan briek jy, en so in die middel vang jy die lekkerste spoed. En daar trek ons!!!!

Oupa Francois was so bly oor die nuus wat hy gekry het oor sy kleinseun, hy moes tot oupa Japie se suurstof leen net om weer sy asem terug te kry.