Showing posts with label Post by: Yolandi. Show all posts
Showing posts with label Post by: Yolandi. Show all posts

Monday, 31 January 2011

'n Bietjie bederf



Odélia, Annika en Joanné bederf die verpleeg personeel met 'n lekker sjokolade koek.

Ons moet ook 'n stukkie proe!
Yummy!

Saturday, 29 January 2011

Nog 'n dag in die teater.

Vandag gaan 'n besige dag wees. Vanoggend vroeg word daar voorbereiding gedoen vir nog 'n teater ekspidisie. Eers gou gemeet en geweeg word.

Sit en wag vir die MRI.
Op pad van die saal na die teater.
Lees solank 'n boek terwyl ek wag.
Nou lyk mamma net soos 'n dokter.
Besig om wakker te word na die narkose.
Baie dikbek, want die pleister waarmee hulle my oë toegeplak het in die teater het my gesig gebrand. Kyk nou net!

Thursday, 27 January 2011

Nog nie tuis nie.....

Ek en Odélia was veronderstel om gister ontslaan te word. Ongelukkig het haar wond gister middag begin lek. Daar is heelwat vloeistof wat nou uit de wond dreineer. Dokter het haar gisteraand laat kom sien, en het vanoggend gevra dat sy nie eet nie, want ons sal moet teruggaan teater toe. Ons moes ook vanoggend 'n sonar van die elmboog neem. Dit was nie vir ons goeie nuus nie. Die radioloog het 'n groot hoeveelheid vuilgoed gesien wat van die radius been af kom en deur die wond druk. Hy het ook heelwat van hierdie vloeistof in die elmboog self gesien. Hy sal ook in teater teenwoordig wees om onder narkose 'n sonar te doen. So kan hy die arm reguit maak en kan hulle meer intensief en met meer detail sien wat aangaan. Ons sal julle op hoogte hou. Weereens baie dankie vir almal se gebede en boodskappe. Dit dra ons. xxx

Odélia en haar verpleegster, Amanda.

By radio Lollipop besig om DJ te speel!

Die fisio help vir die bloedsirkulasie in die arm.

Die arm.

EKG.

Tuesday, 18 January 2011

Fotos van Odélia

Johan en Sebil het vandag opgery Auckland toe om bietjie te kuier by Starship hospitaal waar Odélia tans is. Dit is die kinderhospitaal van NZ.Hulle het my ipod se tou saamgebring, so ons kan uiteindelik vir julle bietjie fotos van Odélia wys. Hier is Annika by Odélia nadat sy van die teater af gekom het.

Maatjies gemaak in die hospitaal.Bietjie koorsig en goor.Die drein in dir elmboog.
Poegaai en uiteindelik rustig aan die slaap.Die wond word skoongemaak.Die armpie is maar erg geswel.
Odélia se nuwe kamer in Starship.
Die uitsig van haar kamer se balkon op Auckland se Sky Tower.Die uitsig oor die hawe.Ons sal nou meer gereeld nuus en fotos kan opsit.
Baie dankie aan almal wat aan ons dink, wat daagliks boodskappe stuur en vir al die gebede.
Julle weet nie wat dit vir ins beteken nie.
Liefde,
Japie en Yolandi

Saturday, 27 November 2010

Liewe Kersvader.....




Vanaand het ons al vyf om die tafel gesit na ete om vir Kersvader 'n briefie te skryf. Ja, selfs pappa en mamma moes lysies maak.


Elkeen mag wens vir 5 goed...en miskien as ons soet is, bring Kersvader 1!

Odélia: Carnival Game(Nintendo); Family Tent; Cupcake maker; Beados; Roller blades.


Annika : Skateboard; Slaap sak; Kitaar; Nintendo; Perd!


Joanné: Fiets; Scooter(skopfiets); Strawberry Shortcake Pop; Leapfrog Scribble & Write; See-saw.


Hierdie arme Kersvader kry baie spesifieke lysies, jong! Ek moes net keer of ons kies sommer die kleure van elke item ook! Ons sal maar sien wie is soet....

Thursday, 21 October 2010

Jackson en Petunia

Vrydag is dit AgDay by Marotiri skool. Elke leerling moet 'n troeteldier hê. Daar is afdelings vir lammetjies en kalfies, honde en katte, en allerhande ander troeteldiere. Selfs visse en voëls.
Die kinders moet die diere self versorg. Hulle moet self vir die beoordelaars kan sê hoeveel en wat die diere gevoer word, hoe om hulle te kam en mak te maak en hoeveel tyd hulle saam met die diere spandeer. Dan moet die diere ook op die dag 'n hindernisbaan voltooi. Zig zag loop, oor 'n bruggie, stop en gaan en al sulke dinge. Daar word ook punte gegee vir die kondisie van die diere en die liefde en sorg wat hulle kry. Die kinders moet langs die diere looop, nie voor of agter hulle of aan die leiband trek nie.
Odélia en Annika oefen baie hard. Hulle is vol selfvertroue en is baie trots op hulle kalfies.
Annika en Petunia.

Odélia en Jackson.

Oefen om oor die bruggie te stap.

Weer en weer. Oor en oor. Dit moet perfek wees.

Oupa en Ouma en die ooms en tannies en Ruben en Chanel is genooi om die "skou" van die kalfies by te woon. Groot opgewondenheid en 'n klein bietjie op die senuwees. Sterkte meisiekinders. Ons sal laat weet hoe die dag verloop het. Joanné het 'n lammetjie wat in die voorskoolse parade met dress-up en al sal paradeer. Sy is bietjie lui met die oefen, so ons hou maar duime vas.

Wednesday, 30 June 2010

Party girls!

Hierdie naweek het Odélia se maatjie, Kate verjaar. En ook Annika en Joanné se maatjie, Ella. Pappa moes toe maar vir Odélia na haar partytjie toe vat, en ek het die ander twee na Ella se partytjie gevat. Dit was 'n lang dag, want al drie van hulle (en van die ander maatjies en Ruben ook) het een of ander maagvirus gehad wat loop magies en opspoegery tot gevolg gehad het. Maar nie eers dit kon 'n demper op die partytjiegees plaas nie. Hier is fotos van Ella se partytjie by Lollipop Playground.

Joanné en Annika.
Joanné
Annika

Joanné


Joanné, Annika, Simoné en Mike.



Annika


Wednesday, 2 June 2010

Die Groot Wildjagters...






Japie en Hekkie het vannaand weer 'n paar varke hier op die plaas opgespoor. Wiwan het help slag. Die grootste van die vier varke het 48kg geweeg sonder die binnegoed. Welgedaan, manne!

Tuesday, 11 May 2010

Die ongeluksvoël!

Annika het Sondagmiddag uit die boom gespring en op die hark te lande gekom. Daar was 'n groot tranedal, maar pappa het die wond skoongemaak en mamma het pienk medisyne gegee en so het ons toe eers Maandag oggend die dokter kom sien. Die voet was effens geswel en rooierig, so die dokter was skrikkerig vir bloedvergiftiging. Daarom het sy toe nou antibiotika gekry en is die wond se los velletie afgesny en goed skoon gemaak. Sy het nogal haar pose gehou en nie eers een traan gestort nie.
Die besmette voet.


Pappa was ook daar vir ondersteuning.


Die voet met die opvolg ondersoek vandag. Lyk sommer al baie beter.



Sunday, 7 March 2010

Tandmuis, tandmuis....

Odélia sukkel nou al amper 'n twee weke om moed bymekaar te skraap vir hierdie affêre! Vanaand het sy eindelik besluit dis nou sulke tyd.
Voor.

Na.


Mooi Diela, ons hoop die tandmuis bring 'n lekker verrassing!

Wednesday, 2 December 2009

Veels geluk Oupa Pieter!

Baie geluk met jou verjaarsdag, Oupa Pieter! Mag die jaar wat voorlê net goeie gesondheid en krag vir al die kleinkinders se mannewales inhou! Ons is baie lief vir Oupa!

Sunday, 22 November 2009

Ons nuwe niggie!

Ons het gister vir Daleen en baba Chanel in die Hospitaal gaan kuier. Die meisiekinders is baie opgewonde oor hulle nuwe niggie! Wil haar net heeltyd vashou. Ouboet Ruben gaan haar moet oppas, want hierdie klompie wil haar sommer huistoe vat! Hulle het hulle kansie saam met haar goed benut terwyl Hekkie en Ruben gou huistoe is vir 'n ruskansie.



Baie baie geluk Hekkie, Daleen en Ruben. Mag Chanel vir julle 'n groot vreugde wees. Sy is pragtig! Baie geluk ook Oupa Danie, Ouma Miemie, Oupa Pieter en Ouma Annatjie. Julle word darem nou skatryk met al dié kleinkinders! Lekker bederf, hoor.