Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Sunday, 25 November 2012
Kyk saam met wie bad ek
Woensdag was Chanel se verjaarsdag. Almal was daar en die kinders het sommer so almal na mekaar gebad. Eerste aan die beurt was Jacoli. Chanel het saam met haar gebad en was baie in haar noppies.
No comments:
Post a Comment