Ek en Thea het Donderdag middag die klomp meisiekinders na Whakamaru dam toe gevat om die eendjies te voer en piekniek te hou.
Annika is maar altyd die versigtige een. Kyk eers bietjie die kat uit die boom uit voor sy naby die water gaan.
Die klomp gooi broodjies vir die eendjies. Maar dit het so rof gegaan dat die eendjies maar op 'n veilige afstand gebly het, en gewag het tot die broodjies tot by hulle gedryf het.

En toe moes die klere maar waai. Nadat hulle, hulle modderlyfies skoongespoel het, is ons met die spulletjie net so poedelnakend huistoe vir 'n lekker skoon bad. Die middag was 'n reuse "hit" vir die kinders.

No comments:
Post a Comment