Na 'n lang wag, en toe nog 'n uitstel van die operasie vir 'n week, het die dag uiteindelik aangebreek. Sebil was baie kalm en het op 'n kol gevra : Ek wonder wat makeer my, want ek is so rustig en gladnie bang nie.
Ons weet almal hoekom sy nie bang was nie. Ja, al ons gebede om kalmte en rustigheid is verhoor.
Sy is geopereer in die Braermar Hospitaal in Hamilton.
Sebil en Johan in die ontvangswagkamer van die hospitaal.
Klaar haar nagrokkie aan en reg vir die operasie.
Kath, die hospitaal manager, besig om met Sebil te gesels.
Hierdie foto, spesiaal vir Odélia, om te wys dat Zippies ook 'n picklyn ingehad het.
Rose, 'n terapeut, wat die defribillator nou elke 3 maande gaan toets. Die eerste besoek is oor 6 weke en dan elke 3 maande. Tensy, daar natuurlik tussenin 'n skok plaasvind, of iets buitengewoons gebeur waaroor Sebil bekommerd is, dan moet sy 'n afspraak maak, sodat hulle haar met die toetsapparaat kan ondersoek.
Brian, die narkotiseer saam met Sebil.
Jaco Reyneke, ons predikant saam met Sebil net voor sy na die operasiesaal is. Hy was die hele tyd by ons gewees. Vanaf 4uur die middag, toe was hy vir 'n uur weg gewees om ons alleentyd te gee. Hy het weer 6uur teruggekeer en al die tyd by ons gebly tot na 11uur gisteraand. Daarna moes hy nog 2 ure terugry na Tauranga toe. Baie dankie, Jaco. Ons waardeer dit werklik.
Sharie het Sebil na die operasiesaal vergesel.
Susan, hier saam met Sebil en Johan op die foto, het haar deur die nag verpleeg.
Net uit die operasiesaal. Voel gladnie lekker nie. Was naar en het gehoes van die pyp wat in haar keel was vir narkose. Dit het die eina in die skouer en die naarheid gladnie beter gemaak nie. Eerste ding wat sy wou weet : Hoekom het dit langer as 2 ure geneem en ek soek my pille. Ek moes al my pille gedrink het. Deur alles heen, neem sy nogsteeds alles waar.
Die sny met 'n pleister op. Hulle het gesê dat die sny 2duim sal wees. Met hierdie pleister op, het dit baie langer gelyk. Toe die pleister verwyder het, was die sny ongeveer 2 duim gewees.
Sebil wou natuurlik nie gisteraand toelaat dat Johan saam met ons by die motel gaan slaap nie. Hy het die nag op 'n lazyboy in die kamer deurgebring.
Vanoggend toe ons by die hospitaal aankom, was Sebil en Johan albei wakker. Ons het darem 'n glimlag van haar gekry. Sy het 'n goeie nagrus gehad. Was aanvanklik baie naar, maar het later rustig geword. Hulle het haar elke halfuur kom monitor, so sy het ook seker nie die hele tyd geslaap nie.
Johan en Sebil geniet hulle ontbyt.
Rose kon nie vanoggend die apparaat kom toets nie. Geor het dit kom doen.
In die foto op die stoel is die toetsapparaat. Dit word op die linkerskouer geplaas totdat 'n groen liggie skyn. Dit beteken dat die defribillator en die toets apparaat met mekaar kommunikeer.
Hulle het haar hartklop laat opgaan - d.m.v. die apparaat- tot 98 kloppe per minuut.
Volgens al die uitdrukke wat op die rekenaar gedoen is, het hulle besluit dat die apparaat werk en alles reg is.
Op die laaste foto is dr. Spencer Heald en Sue saam met haar. Dr. Spencer het die operasie gedoen. Hy is baie tevrede met haar.
Hy het 'n opmerking gemaak van : Ek kan nie glo dat sy nie al vroeër probleme gehad het nie. Haar hart het baie gou ophou klop met die toetse wat hulle gedoen het.
Tydens die operasie het hy ook agter gekom dat die oorspronklike apparaat wat hy wou inplant nie die werk sal kan doen nie. Hulle het toe besluit om 'n sterker energievlak apparaat in te plant. Hierdie apparaat se battery hou ook langer - so ongeveer 9 jaar. Dan sal hulle die battery moet vervang en sal dan ook kyk na die draadjie wat in die hart ingeplant is.
As julle mooi kyk, kan julle die sny op die linkerskouer sien.
Ons dank ons HEMELSE VADER dat hy tydens die operasie, die nag van herstel en nogsteeds oor Sebil waak. Ook dat Hy aan die dokter uitgewys het dat die oorspronklike apparaat nie sterk genoeg is nie. Baie dankie ook aan almal wat smsse gestuur het, gebel het en self daar was. Ons waardeer dit baie.
Die familie.