Tuesday, 15 January 2008

Verjaarsdae van Vandag

Ons wil net vir Daleen baie geluk sê met haar verjaarsdag vandag. Hoop jy het 'n lekker dag en dat die jaar vol vreugde, geluk en voorspoed sal wees. Ons mis julle baie en kan nie wag om julle almal weer te sien nie.





Ons wil ook vir Burt baie geluk sê met sy verjaarsdag, hoop die jaar is vol vreugde, voorspoed en geluk. Saam met Burt verjaar Jaco en Darius. Baie geluk ook aan julle twee.





Althea du Toit verjaar ook vandag. Baie geluk, Althea. Hoop jy het baie "chappies" gekry. Jy moet jou dag baie geniet.


Ons het gehoor dat Francois by die huis is, maar dat hy nog verdere toetse moet onder gaan. Sterkte en spoedige beterskap vir jou.

Monday, 14 January 2008

Odélia, Annika en Joanné

Japie en Yolandi was vandag met Odélia en Annika Auckland toe. Hulle het verlede week weer xstrale van Diela se been geneem, want sy het gedurende Desember 3 keer gekla dat die been seer is. Annika se linkerhand se duim wil nie reguit maak nie. Dus die dokter het hulle sommer albei vandag gesien.
Joanné het van gisteraand af by my en oupa Pieter gebly. Sy word nou te ougat. Gesels ook land en sand aanmekaar, hardloop met die loopring rond en ja, sowaar sy kruip definitief nou so drie of vier voetjies (of is dit nou armpies) vorentoe. Ons het laat middag vandag saam met Japie, Yolandi en die dogters langs die meer gaan eet. Soos die meisiekinders sê : Ons het piekniek gaan hou. Daar wys Nanétjie toe vir ons almal dat sy regtig kan kruip. Oupa het haar gisteraand met die video ook afgeneem toe sy agter my wou aan kruip. Natuurlik is ek nou weer bietjie dom om dit af te laai, so Sebil sal môre moet kom help, dan kan ons dit dalk vir julle wys.
Nou ja, die besoek aan die dokter het baie goed afgeloop. Hy is baie tevrede met Diela se been. Hy sê ook dat indien die seer kom en gaan, hy nie daaroor bekommerd is nie. Hulle het ook met dr. Nightingale probeer kontak maak oor die operasie aan die niere en dit wil voorkom asof hierdie operasie gedurende April/Mei gedoen sal word.
Nou Anka se duim. Dit is 'n tenden wat daar groei en verhoed dat die duim reguit maak. Die duim moet geopereer word, maar hulle wil dit graag doen wanneer Diela se operasie gedoen word. Dit is blykbaar nie pynlik nie, so hulle sal kan wag tot dan. Sy wys ook te pragtig hoe die duim nie kan reguit nie. Sy gesels ook nou land en sand aanmekaar. Partykeer moet jy nog mooi luister, maar Anka laat waai.
Ons verlang natuurlik net na die klein mannetjie daar in Suid-Afrika. Ons hoor niks of sien niks op die blok nie. Ons weet nie eens of hy bly was om vir Pappa te sien nie. Waar is die foto's????????
Natuurlik het ons nie van Tinky vergeet nie. Sy is verlede week en Dinsdag veearts toe om reggemaak te word. Baie geslaap en nie regtig baie notisie geneem Dinsdag nie, maar teen die volgende dag was sy haar springlewendige self. Sy het vir die eerste paar dae 'n tregter om haar kop gedra, maar Sebil sê van vandag af, het sy hom afgehaal en hulle gaan hom nie weer terugsit nie. Sy het nogal regtig komies gelyk. Hoop Sebil het 'n foto geneem sodat ons hom kan plaas.
Kleinkinders kan 'n mens se lewens so verander. Jou lewe is so vol. Dit wat jy nie met jou eie kinders altyd kon deel nie, deel jy nou met jou kleinkinders en jy neem net soveel meer waar. Elkeen het sy spesiale plekkie in jou hart. Nie een het 'n groter deel as die ander een nie. Oupa en Ouma lief julle almal.

Verjaarsdae

Dit wil voorkom asof ek op hierdie stadium net by verjaarsdae vashak.

Baie geluk aan :
  • Ds. Japie Coetzee wat vandag verjaar. Mag jou nuwe lewensjaar vol seëninge van bo wees. Jy het vir ons so baie beteken en ons sou jou graag gedurende ons tydjie in Suid Afrika wou sien, maar ons het jou jou vakansie op Onrus gegun. Met jou tipe van werk is dit baie nodig om af te skaal.
  • Billy Engelbrecht verjaar ook vandag. Baie geluk, Billy. 'n Baie mooi en vreugde volle jaar word jou toegewens. Vol vrede en geluk.

Saturday, 12 January 2008

Tandekryery...

Joanné was hierdie week glad nie haarself nie. Sy kla en moun van sonop tot son onder. Maar ook geen wonder. Sy het van Saterdag tot Saterdag nie minder nie as drie tande gesny! Eers die regter, voorste tand, toe sommer die linker oogtand, en vandag sowaar die ander voortand.(Kyk maar net fyn, hy is daar). Ag tog, Nanétjie!

Thursday, 10 January 2008

Verjaarsdae

Johan Bosman en Lizé Prinsloo het gister verjaar. Jammer ons het nie vergeet nie, maar dit het bietjie dol gegaan. Hoop julle het die dag geniet. Voorspoed, vreugde en vrede vir die nuwe lewensjaar.

Monday, 7 January 2008

Ons sê dankie

Aan al ons familie en vriende in Suid Afrika wil ons baie dankie sê. Ons het baie lekker gekuier. Dit was lekker om al die familie, vriende en kennisse weer te sien. Ja, en veral was dit lekker om net Afrikaans te praat.
Beterskap wense
Ons is bly om te hoor dat dit beter gaan met Francois. Ons bid jou verdere beterskap toe en vertrou dat die dokters met die toetse wat nou nog gedoen gaan word, gaan vasstel wat aangaan.
Hoop ook dat Amanda nou sommer baie beter is.
Daleen en Ruben
Julle moet julle kuier in die Kaap by almal geniet. Ons mis julle baie en soek om elke hoek en draai na Ruben as jy 'n kind hoor. Hekkie glimlag nou meer, want dit is nie meer lank nie dan is hy daar by julle. Lief julle.

Tinus verjaar

Tinus is vandag 51 jaar oud. Baie geluk. Mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en geluk wees.