Japie het so 'n tydjie gelede (en hy het nie nee aanvaar nie) vir Pieter en my gesê dat hulle Suid Eiland toe gaan vir vakansie en dat ons saamgaan. So gesê, so gedaan.
Ons het Dinsdagoggend, 6 April, ons vergadering op die plaas gehad en daarna is ons na hulle toe om vandaar te vertrek na Wellington toe. Ons het so ongeveer half twaalf die middag daar gery. Stop, stop is gery totdat ons in Wellington aangekom het.
Natuurlik, as ons in Wellington kom, moet ons by Cooper (Robin Cooper Bell) 'n draai gaan maak. Robin was saam met Japie in Monnas gewees. Robin is die eienaar van Hells Pizzas.
Hier is 'n paar fotos van hoe sy winkel 'n tydjie gelede geverf is. Toe Japie, Hekkie en Johan met die 7's rugby daar was, het die winkel blykbaar nog nie so gelyk nie. Dit was die begin van Februarie.
Weird en nogal scary. Ek het al gewonder of dit nie 'n impak op die verkoop van sy pizzas het nie.
Die pizzas is lekker, so ook die ribbetjies en die camenbert kasies met 'n lekker sous.
Robin en sy seuntjie Justin. Justin is ongeveer so oud soos Odélia. Die ander tweetjies het geslaap. Die middelste outjie, Ben, is amper Annika se ouderdom en die jongste, Ruben is 'n jaar jonger as Joanné.
Die drie meisiekinders by die ingang van die winkel.
Odélia by 'n ander tekening teen die een muur.
Annika by nog 'n tekening teen 'n ander muur. Eintlik 'n soort borsbeeld.
Hy het darem ook 'n paar speletjies daar gehad. Hier geniet Pieter een van die speletjies.
No comments:
Post a Comment