
Elize Strydom het gister 30 Oktober verjaar. Baie geluk, Elize. Ek is seker jy het die dag baie geniet en dat die kinders jou baie bederf het. Mag die nuwe lewensjaar gevul wees met alles wat mooi is.
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Die Coromandel is so bietjie meer as 3 ure se ry van ons af. Daar is verskeie klein dorpies verbind met mekaar deur die Pacific Coast Highway. Die dorpies se populasies verskil van 1000 tot 5000 in elke dorp. Hier is 'n uitreksel van hulle website oor die Coromandel en sy geskiedenis.
Evidence of some of the earliest Polynesian settlement in New Zealand exists on the Coromandel. Historical interest points exist around every corner, telling the stories of the two great navigators Kupe and Cook and those who followed in their footsteps.
Captain Cook visited the area in 1769 and observed the transit of the planet Mercury across the face of the sun hence the names of some of the region's beaches and bays - Mercury Bay and Cook's Beach.
In the nineteenth century the peninsula teemed with human activity associated with the exploitation of timber, gold and kauri gum. Eventually the kauri and the accessible gold were exhausted and the gum market destroyed. The Coromandel lapsed into an economic and social decline that was eventually halted by the gradual growth of farming, fishing, horticulture and tourism. The land slowly "mended" and a new era of people moved into the area, one that valued the environment. Thirty four percent of the land on the peninsula is now administered by the Department of Conservation.
The Coromandel is a rich and colourful creative hub with many studios and galleries showcasing some of New Zealand's most talented artists’ work.
Ruben se tweede versoek die naweek was om trein te ry, die naaste wat ons aan dit kon kom was die Driving Creek Railway, 'n uur lange trip met 'n uniek treintjie deur 'n kauri bos wat draaie en tonnels in sluit tot ons by 'n uit kyk punt gekom het wat die Eyefull Tower genoem word. As mens daarbo kom het jy verstaan hoekom dit so genoem is. Dit het 15 jaar gevat om dit gebou te kry.
Middagslapie tyd. Dit is altyd moeilik. Hulle wil almal op Oupa se bed slaap. Hier slaap Joanné en Annika op die bed. Gelukkig was hulle so uitgeput na die oggend se shopping, dat hulle feitlik onmiddelik aan die slaap geraak het. Deur die dag slaap hulle nie op dieselfde bed of in dieselfde kamer nie, want dan is dit altyd 'n gespeel voordat hulle aan die slaap raak.
En Ousus? Ja, julle het reggeraai. Sy slaap so af en toe in die middag. Sy wag tot alles mooi stil is, klim uit die bed en dan kry jy te swaar om haar terug te stuur. Sy doen dan haar eie ding terwyl die ander twee slaap.
Baie geluk André en Hettie met julle huweliksherdenking. Mag die jare vorentoe vol geluk, vreugde en liefde wees. Bederf mekaar gerus en geniet 'n baie spesiale dag.
Baie geluk met jou 41ste verjaarsdag vandag, Johann. Mag die jare vorentoe besaai wees met alles wat mooi is. Geniet 'n besonder dag.