Saturday, 1 November 2008

Odélia se opvolg toetse

Verlede week, Maandag middag, is ek en Japie met die drie meisiekinders terug na die hospitaal waar Odélia verlede jaar en vroeër dié jaar geopereer is. Starship Hospitaal.
Oral teen die mure van die radiografie afdeling en in die kinderwagkamers, is pragtige skilderye geverf. Die kinders staan vir ure daarna en staar. Dit is nogal soos 'n sprokies wêreld.




Ons het weer in die Ronald McDonald House reg oorkant die hospitaal gebly. Vir die wat nog nie weet van dié huis nie, dit is 'n "huis" (eintlik meer 'n self catering hotel), vir gesinne van kinder pasiënte wat vir lang rukke behandeling ontvang of in die hospitaal is. Party gesinne van kanker pasiënte bly vir weke aaneen, ander soos ons dalk net vir 'n paar dae. Elke gesin het sy eie kamer en badkamer. Skoon linne en handdoeke word voorsien en omgeruil wanneer jy daarvoor vra. Daar is lekker speelplekke vir die kinders, TV kamers en 'n biblioteek. Daar is twee ten volle toegeruste kombuise met elk 3 skottelgoedwassers, 3 oonde en reuse yskaste met groot plastiek bakke wat die kamer nommers op het. Hierin kan elke gesin dan sy kruideniers hou. Somtyds word "family meals" deur besighede geborg en dan kan almal daarvan geniet. Verder is ontbytpap, brood, melk en warm drankies beskikbaar vir almal se gebruik.





Die huis is vir my regtig besonder. 'n Fantastiese hawe vir gesinne wat dit nodig het. Die huis word alleenlik onderhou deur borge. Geen gesin hoef 'n sent op te dok vir hulle verblyf hier nie. Maak nie saak hoeveel keer jy die huis gebruik, of hoe lank jy moet bly nie. Die huis het ook weekliks uitstappies na die dieretuin en akwarium. Daar is selfs "skool" waar skoolgaande pasiënte hulle skoolwerk op datum hou en ook junior joga klasse wat aangebied word deur vrywilligers. Daar is ook jong vrywillegers wat daagliks stofsuig en hier en daar skoonmaak. Verder hou die besoekers skoon.

Die eerste oggend het Odélia wakker geword met 'n uitslag wat ons gedink het insekbyte was. Gelukkig is die ongevalle mos sommer naby. Joanné, Annika en Odélia in die ongevalle wagkamer.

Odélia en Annika buite op die speelgoed.

Odélia het baie gehoorsaam, doodstil gelê die hele tyd tydens die DMSA scan. Vroegoggend sit hulle 'n tipe lokale verdowing op die plek waar ingespuit gaan word. Daarna moes ons 'n uur wag. Dan spuit hulle 'n tipe kleurstof in die bloedstroom wat helder op die scan wys. Daarna wag jy weer 4 ure. Gelukkig kon ons gaan middagete kry en die kinders kon speel om die tyd om te kry. En dan die scan. Hulle sit vir die kinders gewoonlik 'n DVD aan om hulle te laat stil lê. Odélia het Care Bears gekyk.

Omdat die kleurstof dan nou weer uit die sisteem moet werk, is die volgende ultra sound scan eers die volgende dag gedoen. Ek is bly om te kan rapporteer dat die dokter geen ernstige fout kon vind nie. Die een niertjie lyk wel effens (net millimeters) kleiner as die ander een, maar die radiolooog sê dat ons nie daaroor bekommerd hoef te wees nie.

Na die hospitaal stories afgehandel is, het ons besluit om die drie apies Dieretuin toe te vat. Hier is hulle saam met pappa besig om Olifante te kyk.

Hier wys Annika "sy is nie 'n monkey nie!" want kyk, haar handjie is baie kleiner as die Orang-Utang se hand.

Op ons pad terug huistoe het ons by Candyland gestop. Dit is 'n lekkergoed fabriek. Daar kon die kinders elkeen "net een sweetie" kies. Soos 'n kind maar doen, kies hulle toe die grootste moontlike een. Die drie agter in die kar was darem vir jou 'n taaispul!

No comments: