Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Friday, 1 August 2008
Ai ai, Nané!
Ek was vandag in Taupo want die kinders het swem en Kindergarten gehad. Toe kom ek uiteindelik op 'n plek af wat vir Nané oorbelletjies kon inskiet. Hier in NZ wil hulle dit nie regtig doen voor omtrent 3 of 4 jaar nie.
Sy was baie vies vir haar mamma, maar vanaand is sy baie trots op hulle. Vat so ewe saggies aan die ore as jy vir haar sê: "Ai, ai, Nané!"
No comments:
Post a Comment