Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Saturday, 5 January 2008
Veilig by die huis
Welkom terug Oupa Pieter en Ouma Annatjie. Ons hoop julle het lekker gekuier. Ons is bly jul is weer veilig terug by die huis.
Odélia en Annika was baie bly om hulle ouma weer te sien.
Maar moenie van oupa vergeet nie, Annika het hom baie gemis.
No comments:
Post a Comment