Thursday, 16 August 2007

Odélia

'n CT Scan is vandag op haar gedoen. Die uitslag is nog nie gekry nie. Ons hoop dat hulle môre die MRI Scan kan doen, sodat hulle kan besluit of die arm geopereer moet word of nie. Indien hulle opereer, sal hulle die niere met dieselfde narkose doen. Dit sal alles baie bespoedig. Hou vir ons duimvas. Verder gaan dit goed met haar.
Nog twee foto's van haar geneem in Rotorua hospitaal se speelkamer. Julle kan sien hoeveel verbande en gips sy met haar saamdra elke dag. Werklik 'n baie brawe klein mensie.

No comments: