Thursday, 2 December 2010

Verjaarsdae

Baie geluk met jou verjaarsdag, Oupa Pieter. Mag die Here jou nog lank vir ons almal spaar. Gods rykste seën word jou toegebid. 'n Nuwe lewensjaar vol vreugde en voorspoed word jou toegewens. Ons is baie lief vir jou. Geniet die dag en ook môre aand saam met al die vriende.

Liefde van ons almal.



Baie geluk ook met jou verjaarsdag, Christo. Mag jy ook net vreugde en vrede in die nuwe lewensjaar ervaar. Geniet die dag.




Baie geluk ook aan oom Faan Strydom wat vandag verjaar. 'n Wonderlike nuwe lewensjaar word u toegewens. Geniet die dag.

Wednesday, 1 December 2010

Riana en Jané verjaar

Happy birthday to you, happy birthday to you, happy birthday dear Riana, happy birthday to you.

'n Baie mooi en vreugde volle nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet die dag.





Baie geluk ook met jou verjaarsdag, Jané. Hoop al jou kinderdrome word waar en dat jy baie bederf word vandag. Geniet die dag.


Sunday, 28 November 2010

Ryno verjaar

27 November 2010
Baie geluk met jou 13de verjaarsdag, Ryno. Ek glo dat jy die dag baie geniet het en lekker bederf is. Mag die nuwe jaar gevul wees met al die mooi. Dit hou ook 'n nuwe skool en ... en ... en... in. Geniet elke oomblik daarvan.

Saturday, 27 November 2010

Liewe Kersvader.....




Vanaand het ons al vyf om die tafel gesit na ete om vir Kersvader 'n briefie te skryf. Ja, selfs pappa en mamma moes lysies maak.


Elkeen mag wens vir 5 goed...en miskien as ons soet is, bring Kersvader 1!

Odélia: Carnival Game(Nintendo); Family Tent; Cupcake maker; Beados; Roller blades.


Annika : Skateboard; Slaap sak; Kitaar; Nintendo; Perd!


Joanné: Fiets; Scooter(skopfiets); Strawberry Shortcake Pop; Leapfrog Scribble & Write; See-saw.


Hierdie arme Kersvader kry baie spesifieke lysies, jong! Ek moes net keer of ons kies sommer die kleure van elke item ook! Ons sal maar sien wie is soet....

Thursday, 25 November 2010

So 'n bietjie spog

5 Baie spesiale klein mensies in ons lewens. Die foto is met Chanel se 1ste verjaarsdag partytjie Saterdag geneem.
Annika (5), Ruben (4), Odélia (amper 7), Chanel (1) en Joanné (3).


Verjaarsdae 24 en 25 November

Veels geluk liewe Carla, omdat jy verjaar, mag die Here jou seën en nog baie jare spaar. Hoop almal bederf jou baie vandag. Geniet 'n baie lekker dag. Kan nie glo jy is al 5 jaar oud nie.
'n Spesiale persoon verjaar ook vandag. Baie geluk met tannie Hessie se verjaarsdag. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Geniet 'n baie besonderse dag. Liefde.
Baie geluk met jou verjaarsdag, Rochelle. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens. Geniet 'n baie mooi dag.

24 November 2010

Baie geluk met jou verjaarsdag Joyce. Ons hoop dat jy die dag baie geniet het en lekker bederf is.





Tuesday, 23 November 2010

Louis en Danie verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Danie. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word jou toegewens, gevul met al die mooi van die lewe. Geniet 'n baie besonderse dag.




Baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Louis. Gods rykste seën word jou toegebid vir die nuwe lewensjaar. Mag jy nog baie lank vir almal wat vir jou lief is gespaar word. Geniet 'n baie besonderse dag.