Saturday, 7 June 2008

Verjaarsdae

Amanda skryf die groot 5 vandag neer. Sy is 50. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde, vrede en seën wees. Dink vandag aan jou. Liefde.


Ons ander dogter in die United Arab Emerites verjaar ook vandag. Baie geluk, Vicky. Strome vol seën word jou toegebid. Mag die jaar wat voorlê net liefde, vrede en vreugde wees. Lief vir jou. Verlang na julle.




Grand Wiid verjaar ook vandag. Baie geluk met die verjaarsdag. Hoop jy het 'n lekker dag.


Friday, 6 June 2008

Groot Verrassing

Johan dog daar is probleme, toe ek hom roep, net toe hy by die huis stop. Ek het so ernstig gelyk, so asof ek iets in die huis aangevang het wat nie moes gebeur het nie.




Hy het nie besef wat gebeur nie. Dit was 'n groot skok. Al wat hy uit kry is: " Waar is pa".


Dit was 'n groot verrassing vir ons. Ons kan nie glo almal het dit vir ons weggesteek nie. Dankie vir die groot geskenk. Ons waardeer dit baie.


Thursday, 5 June 2008

Sneeu op die berg

Die winter is nou hier.
Toe ons laas naweek getrek het, het ek die foto van die berg geneem.




Wednesday, 4 June 2008

Nuus van die Nelle

Ons vriende daar van Rusco melkery, wat ek vroeër geblog het toe hulle Australië toe geimmigreer het, het vir ons bietjie fotos gestuur om te wys hulle leef darem nog. Dit is geneem met Marijke se eerste skooldag.

Graad eentjie paddabeetjie en haar mamma Marietjie.


Marijke en boeta Corné.






Pappa Corné en Corné jr op pad stal toe. Hulle dra glo dié snaakse hoede om die vlieë weg te hou.



Bly om te sien dit gaan goed met julle!

Verjaarsdae vir vandag

Magda Wentzel verjaar vandag. Baie geluk met tannie se verjaarsdag. Ons hoop die jaar gaan net vol vreugde en liefde vir tannie wees. Hoop almal gaan tannie baie bederf.



Verjaarsdae en Huweliksherdenkings wat verby is

Hier is 'n paar verjaarsdae en huweliksherdenkings wat ons nog nie voor geluk gesê het nie. Ons is baie jammer daar oor maar het aan julle almal gedink. Ons het julle nie vergeet nie, ons was net baie besig met die trekery en dan het ons ook nie internet gehad nie. Ek is darem nou weer terug, maar ma
Annatjie gaan nog 'n rukkie vat.



Baie geluk aan Awie Nel wat die 29ste Mei verjaar het. Hoop jy het 'n lekker dag gehad.Mag die jaar vol vreugde en liefde vir jou wees.
Ook baie baie geluk klein Joshua du Plessis wat 1 jaar oud geword het op dieselfde dag. Ons hoop jy het jou dag geniet en dat jy lekker bederf is.



Baie geluk aan Andries en Chrissie Labuschagne, Louis en Elize Nortje en Jaco en Rensche Nortje met hul huweliksherdenkings wat die 29ste Mei was. Hoop julle almal het julle dag geniet en mekaar lekker bederf.



Baie geluk aan Bennie en Marelize Labuschagne met hul huweliksherdenking wat die 2de Junie was. Hoop julle het 'n wonderlike dag gehad.




Anna Wessels het gister die 3de Junie verjaar. Baie geluk met die verjaarsdag, hoop jy het 'n wonderlike dag gehad.




Sunday, 1 June 2008

Marnel word gedoop

Baie geluk aan Andre en Hettie met die doop van klein Marnel. Mag sy vir julle baie vreugde bring.