Tuesday, 6 November 2012

Die "boro" pit



'n Boro pit word van hierdie heuweltjie gemaak.  Hulle haal die topsoil af en kry dan onder dit rylite wat as topping op die races gegooi word.  Groot earthworks wat hier ook aan die gang is.
 
 



 
Kyk waar is die bulldozer bo op die koppie.  Ek kry hoendervleis as ek sien waar hulle orals werk.







Monday, 5 November 2012

Races word gebou

 
Bruce Nikalls is die ou wat die earthworks doen.  Hier is hulle gesig met die races - paaie waarop die koeie stal toe sal loop.  Alles lyk op hierdie stadium 'n regte deurmekaar mengelmoes, maar behoort een van die dae beter te wees.
 
 





 
Op die foto onder word daar 'n laag met topping op die bestaande races gegooi om dit op te vul.



Sunday, 4 November 2012

Iets interessants.

 
Terwyl hulle besig was met die voorbereiding van die shed se vloer, het hulle op hierdie uitgebrande boomstomp afgekom.  Dit moes met een van die vulkaniese uitbarstings hier beland het.  Verder is dit toegegooi onder grond  en as en nou oopgegrou.
 
 



Saturday, 3 November 2012

Hetta is 60 en Sanet verjaar ook

Baie geluk met jou verjaarsdag, Hetta.  'n Nuwe lewensjaar vol vreugde, geluk en voorspoed word jou toegewens.  Geniet die dag.
 
 
 
 
Dit is ook vandag Sanet Landman se verjaarsdag.  Baie geluk, Sanet.  Ook vir jou wens ons net die mooiste toe.  Geniet 'n baie besonderse dag.
 
 


Bou van shed

Die bouwerk aan die shed is volstoom aan die gang.  Met 'n paar lieflike sonskyn dae, kon hulle die voorbereiding doen vir die concrete en ook die concrete gooi.
 
Vier van hierdie blokke is voorberei.
 

 
Die volgende foto's is geneem van die voorbereide shed vloer.




 
Op hierdie foto is hulle besig om die blokke vol concrete te gooi.



 
Hier word die concrete vir die vloer gegooi en gelyk gemaak.




 
Concrete klaar gegooi en droog en die bouwerk kan begin.


 
VERVOLG ....................
 

Friday, 2 November 2012

Die Shed

 
Die bouer het hierdie huisie as die shed site office gebring.  Klein, maar hy doen die ding.
 
 
 

 
Die bouer, Grant McMillan se bakkie.



 
Die elektrisiën, Mike Dent, se bakkie.



 
Met die eerste site vergadering wat hulle gehad het, is daar besluit dat elkeen sy eie toilet moet bring.  Hier agter die water tenk staan die een toilet en onder agter die half round shed staan die ander een.
 





 
Terwyl die shed se vloer gelyk gemaak word, moet daar nog elektriese bedrading onder die vloer ingaan.  Dit word deur pype getrek.  Hier staan Pieter aan die een kant die dinge en bekyk en op die onderste foto trek die ou aan die anderkant die drade deur.



 
Agter die office lê al die staal wat gebruik gaan word vir die reinforcing van die concrete.
 





Vervolg ............................

Thursday, 1 November 2012

'n Oud onderwyser verjaar.

 
Vandag is die verjaarsdag van een van my oud onderwysers, Ben Greyling.  Baie geluk, Ben.  Mag die toekoms vir jou baie vreugde, voorspoed en geluk inhou.  Geniet die dag en ek hoop Bea bederf jou baie.