Klein Riaan du Toit vier vandag al sy tweede verjaarsdag. Baie geluk, Riaan. Hoop Pappa en Mamma bederf jou baie vandag. Geniet elke oomblik van jou verjaarsdag. Jammer ons het nie 'n foto nie. Stuur tog vir ons 'n paar updates.
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Saturday, 5 June 2010
Friday, 4 June 2010
Dit is Magda se verjaarsdag
Veels geluk, liewe Sussie, omdat jy verjaar.
Mat die Here jou seën en nog baie jare spaar.
Baie geluk, Magda. Ons bede vir jou is 'n wonderlike nuwe lewensjaar gevul met liefde, geluk, vreugde, voorspoed en vrede. Geniet die dag. Hoop George bederf jou baie vandag.

Anine van Aswegen verjaar ook vandag. Baie geluk, Anine. Mag al jou kinderdroompies waar word.

Thursday, 3 June 2010
Anna verjaar
Wednesday, 2 June 2010
Die Groot Wildjagters...
Japie en Hekkie het vannaand weer 'n paar varke hier op die plaas opgespoor. Wiwan het help slag. Die grootste van die vier varke het 48kg geweeg sonder die binnegoed. Welgedaan, manne!

2 Junie 2010

Vandag vier Riaan Swanepoel ook die herdenking van sy geboortedag. Mag die pad vorentoe vir jou ook besaai wees met alles wat mooi is. Geniet 'n baie besondere dag.
Bennie en Marelize Labuschagne vier vandag die herdenking van hul huweliksdag. Baie geluk julle twee. 'n Toekoms besaai met rose word julle toegewens. Geniet die dag.
1 Junie 2010
Baie geluk met jou verjaarsdag, Naas. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou en gevul wees met liefde, geluk, voorspoed en vreugde. Hoop dat Lizelle en die kinders jou baie bederf het.

Pierre vier ook sy verjaarsdag vandag. Baie geluk, Pierre. Vir jou wens ons ook alles wat mooi is toe. Hoop jy het die dag geniet en is baie bederf.

Subscribe to:
Posts (Atom)


