Baie geluk met julle huweliksherdenking vandag. Mag daar nog vele gelukkige jare vir julle wees. En mag julle nog lank vir mekaar en almal wat vir julle lief is gespaar bly. Geniet die dag en bederf mekaar.
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Friday, 4 December 2009
Thursday, 3 December 2009
Oupa Pieter kuier in Taupo met sy verjaarsdag
Pieter het Woensdag verjaar. Ons is Taupo toe om kruideniersware te gaan koop en het ook vir Daleen daar gekry om saam te koop. Johan en Sebil het ook gegaan om kruideniersware te koop. Ons was ook vir afsprake by ons Chiropraktisyn.
Ruben het vir Oupa 'n frontloader gekoop (Matchbox) en Daleen het vir Ruben 'n concretemixer trok gekoop. Ruben kon natuurlik kies watter een hy vir Oupa wou gee. Hier sit hy en Oupa lekker en speel in die restaurant (wat aan Suid Afrikaners behoort)
Baie in sy noppies met sy trok, pose hy eers vir 'n foto saam met Mamma.
Johan en Ruben. Altyd tyd vir 'n lekker speletjie met die kleintjies.
Oupa Pieter met sy twee Du Plessis kleinkinders. Chanel hier nog maar net 11 dae oud.
Natuurlik moes ek en Sebil ook wys dat ons daar was.
Oupa Pieter kry nie genoeg van foto's neem met dié twee nie.
Hier kry ek ook darem 'n kans om saam met hulle afgeneem te word.
Ons het 'n baie lekker dag Woensdag geniet. Eers die ete saam met die kinders en die kuier saam met die kleinkinders. Toe is daar inkopies gedoen. Ruben het saam met Oupa terug gery huistoe. Oppad terug van die dorp af, het hulle vir Diela by die busstop opgelaai. Groot was haar verbasing toe Oupa haar by die bus kry, en dit nogal op sy verjaarsdag. Daarna het ons by Japie en Yolandi gekuier en het Oupa die kersies op sy verjaarsdagkoek doodgeblaas. Die video is hier onder by 'n ander berig.
Oupa Burt word geopereer
Verjaarsdae en huweliksherdenking
Ds. Willem Smith verjaar vandag. Baie geluk, Dominee. Gods rykste seën word jou toegebid. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi en goed is inhou. Geniet die dag.
Jean Erasmus verjaar ook vandag. Baie geluk, Jean. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop Pappa en Mamma bederf jou sommer baie vandag.
Christo en Anneline Geldenhuys vier vandag hul huweliksherdenking. Baie geluk, julle. Nog vele gelukkige huweliksjare word julle toegewens. Geniet die dag.
Wednesday, 2 December 2009
Oupa Pieter verjaar
Baie geluk met jou verjaarsdag, Oupa Pieter. Hoop jy het die dag baie geniet saam met al die kinders en kleinkinders. Ons wense vir jou is goeie gesondheid, liefde, geluk en voorspoed vir die nuwe lewensjaar. Ons is baie lief vir jou.
Oom Faan Strydom verjaar ook vandag. Baie geluk, oom Faan. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou. Hoop Oom geniet die dag.
Verjaarsdae 1 Desember
Baie geluk met jou verjaarsdag, Jané. Mag al jou kinderdrome waar word. Hoop jy het jou verjaarsdag geniet.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Lize. Hoop jy het die dag geniet. Mag al jou kinderdrome waar word in die jaar wat voorlê.

Baie geluk, Riana met jou verjaarsdag. Mag die jaar wat voorlê alles wat mooi is inhou - goeie gesondheid, liefde, geluk en vreugde. Hoop jy het die dag geniet.
Nick van Niewenhuyzen het ook vandag verjaar. Baie geluk, Nick. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou.
Pieter en Hetta Jordaan het vandag hul huweliksherdenking gevier. Baie geluk, julle. Mag die jaar vol beloftes van mooi dinge wees. Hoop julle het die dag geniet.
Veels geluk Oupa Pieter!
Baie geluk met jou verjaarsdag, Oupa Pieter! Mag die jaar wat voorlê net goeie gesondheid en krag vir al die kleinkinders se mannewales inhou! Ons is baie lief vir Oupa!
Subscribe to:
Posts (Atom)


