Monday, 7 April 2008

Verjaarsdag vandag

Carin Nortje verjaar vandag. Baie geluk Carin. Hoop jy gaan 'n wonderlike dag hê en dat die jaar van voorlê, net vol vreugde en voorspoed sal wees.



Sunday, 6 April 2008

Baie geluk

Baie geluk aan Heinrich en Magda Barnard met die geboorte van hulle dogtertjie, Shan, op 19 Maart 2008. Baie geluk ook aan die Oupas en Oumas, asook die grootouers. Stuur tog asseblief fotos.

Verjaarsdag vandag


Chrissie Labuschagne verjaar vandag. Baie geluk, mag die jare vorentoe vol vreugde, vrede en geluk wees. Gods rykste seën word jou toegebid.

'n Bloedneus vir Joanné

Sondag oggend net voor ons weg is kerk toe, wil Joanné buite toe na waar haar pa en die twee sussies is. Sy het seker maar die trappie mis gekyk, want toe Japie weer sien lê sy plat op haar gesiggie. Na lang gehuil en 'n bloedneus daarby, het sy uiteindelik ophou snik. Kyk nou net hoe lyk die neusie! Japie sê sy lyk omtrent of 'n trein oor haar neusie gery het. Die foto is met my telefoon geneem, want die kamera se batterye is pap! Kyk maar mooi.

Thursday, 3 April 2008

Kuier by Japie en Yolandi

Ons het Saterdag - aand die rugby by Japie en Yolandi hulle gaan kyk. Hier is 'n paar foto's van die meisiekinders.
Joanné


Annika



Odélia


Ouma Jo, Yolandi, Ouma Annatjie, Annika en Odélia kyk hoe Oupa Pieter, Pappa Japie en Oom Han die vierwerke skiet.




Wednesday, 2 April 2008

Gelukwensing

Ons wil net baie geluk sê aan Harry van der Merwe wat gister verjaar het. Ons het nie vergeet nie, was net 'n bietjie besig. Hoop jy het 'n wonderlike dag gehad. Mag die jaar wat voorlê vol vreugde en geluk vir jou wees.

Plaas by Tokoroa (Johan en Sebil)

Ons was Saterdag weer na die plaas toe. Hulle het baie gevorder. Die raam werk van ons huis is al op.




Die stal is heeltemal toe en hulle vorder goed met al die pyp werk.



Kyk al die mielies is al af en lê in die banker.



Dis hoe die voerbakke lyk wat in die feedpad gegooi word.