Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Wednesday, 30 December 2009
Verjaardagwense
Ouma Miemie du Plessis verjaar vandag. Baie geluk met jou verjaarsdag, Miemie. Mag die nuwe lewensjaar alles wat mooi is inhou - vreugde, voorspoed, geluk en tonne liefde. Geniet die dag. Liefde van ons almal.
WC Zitske het op 28 Desember verjaar. Baie geluk, WC. Ook vir jou word 'n nuwe lewensjaar vol van alles wat mooi is toegewens. Hoop jy het die dag geniet.
No comments:
Post a Comment