
Sjoe, Ryno, kan jy al 12 wees. Baie geluk, Seun. Baie geluk ook met al jou skoolprestasies. Mag al jou drome waar word en mag jou nuwe lewensjaar besaai wees met alles wat mooi is - geluk, liefde, vreugde en voorspoed. Geniet die dag. Liefde.
Welkom by ons blog. As julle op die wêreldkaart kyk, kan julle maklik die land mis kyk, want ons is hier tussen niks en nêrens omring deur water. Hoop dat julle d.m.v die blog meer oor Nieu Seeland sal leer. Mag die goggatjie julle byt om te kom kuier. Geniet dit en julle kan ook vir ons kommentaar lewer.
Josua Erasmus verjaar ook vandag. Baie geluk, Josua. 'n Baie mooi nuwe lewensjaar word ook vir jou toegewens. Geniet die dag.
Anton en Una Agenbacht was op 7 November 6 jaar getroud. Baie geluk, julle. Hoop dat julle die dag baie geniet het. Mag die pad vorentoe besaai wees met alles wat mooi is.